Kunstenaars neem hande vir liefdadigheid

articleImage

Kunstenaars neem hande vir liefdadigheid

Volksblad in samewerking met Engo bied op 16 Mei 2019 ʼn Omgeefees aan ten bate van die Volksblad Ons Gee Om Fonds. Hierdie fonds help talle NPO’s met fondse waarvan Engo se Kinder-en Jeugsorgsentrums een van die begunstigdes is.

Die musiek fees word saamgestel uit die Bloemfonteinse Kinderkoor, Tharo, Cezanne Yzelle, Jacobus Silwer en Bliss. Kaartjies vir die Omgeefees is beskikbaar by Engo se bemarkingskantoor teen R100 per kaartjie.

Kontak gerus die kantoor by 051 407 7822 of stuur ʼn epos aan info@engo.co.za om jou kaartjie vroegtydig te kry, kaartjies is ook beskikbaar by Crazy Daisy in Checkers Hyper, Fleurdal. Moenie uit mis op hierdie ongelooflike aand nie, dit gaan verseker iets besonders wees met uitmuntende kunstenaars.